"Ons het Emma ontmoet net nadat ons nuwe huis gekoop het. Sy’t uit haar pad gegaan om ons te help om die vreemde plek ons eie te maak. Haar idees was vars en die gordyne van uitstekende gehalte asook baie netjies gemaak.
Sy verf ou meubels en maak ‘n nuwe “ statement “ stuk daarvan. Sy soek graag meubels, kussings, lampe òf ornament vir ‘n vertrek. Na my stillering van my ou goed, tesame met my nuwe aankope kon ek skaars my plek herken.
Sy’s so sag en gemaklik en word sommer ‘n hartsvriendin so deur die mooimaak.
Bel haar sodra jy dink aan mooimaak, sy’s jou “ one stop shop"